Wie Ons Is

Who We Are

CHRIS VAN BELJON

word gesien as die man agter die baard wat ander mense help

Chris van Beljon is dit stigter en eienaar van Boere Droogtehulp SA NPC.

Waar daar sein is, is Chris die hele dag op sy foon. Daar is mense wat bel wat hulp kort, ander wat hulp aanbied, hy ontvang honderde WhatsApp boodskappe elke dag. Chris sal letterlik einige iets doen vir die boere, of dit voer is vir die diere, kos vir die mense, skoonmaakmiddele of katkos aflaai, hy probeer om alles te doen.

Vrag vir vrag is ons volk dankbaar vir Chris

Die man agter die baard

Chris is ‘n diep man, hy is stil en nederig. Wanneer hy op die plase by die boere is, luister hy na wat die boere hom vertel, en veral na wat hulle nie sê nie. Hy probeer uitvind wat die behoeftes is. Daar waar hy kan help met voer en kos, en partykeer word Chris die skouer waarop die boere leun, waar hulle kan oopmaak en praat oor hulle situasie.

Die groot vraag, hoe besluit Chris vir wie om eerste te help: die proses in ongelooflik interessant, Chris het ‘n lys met groepe, areas reg oor die land en wanneer daar voer beskikbaar is gaan hy deur hierdie lys. Hy kyk die name op en af en skielik spring daar ‘n naam uit met inspirasie van Bo.

Hoe u kan help

Die droogte van Suid-Afrika slaan hard, en diere sterf oral. Die aanhoudende honger met min tot geen voer of water nie en die voortgesette teel van diere vir voedsel, is vererger deur die meedoënlose droogte. Dit alles veroorsaak duisende diere se voortdurende ondergang.

Who We Are

Chris van Beljon:
082 961 6620
Anneri Oosthuizen:
083 501 7198

info@boeredroogtehulpsa.org

HOOFKANTOOR

Boere Droogtehulp SA NPC
Kockstraat 148
Rustenburg
0300

BANKBESONDERHEDE

Boere Droogtehulp SA
FNB
Rekeningnommer: 62801333163
Tak kode: 250655
SWIFT International: FIRNZAJJXXX
Verwysing: U keuse